Thursday, January 31, 2013

Meatco News and Prices: 28 January to 3 February 2013

For a better view: Click on Image
Let wel, die kontrak premie van N$1.50 soos afgekondig vir hierdie jaar, is nie ingesluit in hierdie afgekondigde prys nie en word as ‘n agterskot na die afloop van die periode uitbetaal.

VERSKUIWING VAN SKAKELKOMITEEVERGADERING DATUMS VIR EERSTE PERIODE 2013

KENNISGEWING VAN VERSKUIWING VAN DIE EERSTE REEKS SKAKELKOMITEE-VERGADERINGDEUR VEHAKA TJIMUNE, soos op 24/1/2013 :
Seeing that we have a number of urgent matters to deal with re: Strategic Planning process, Board session and Meeting in Feb, Ownership with a possibility of Meatco Members Meeting also in Feb, it is hereby suggested to postpone the FLC Meetings to the 25-27 March 2013.
               
25 March – Windhoek
26 March – Okahandja
27 March – Tsumeb
       
 KONTRAKTEKENING VIR 2de PERIODE 2013
Ons het nog 5 weke tyd (tot einde Februarie) om kontrak te teken vir die 2de Periode 2013 (April tot Augustus). 
Indien u nie by enige van die Meatco dienskantore kan uitkom vir ondertekening nie het ons Proxi-vorms beskikbaar wat u kan voltooi en aan u Meatco dienskantoor kan terug stuur per e-mail of faks.  Laat weet indien u van hierdie opsie wil gebruik maak, sodat ons ‘n Proxi kan deurstuur.  Dan kan ons die kontrak namens u voltooi en dit daarby aanheg.  U het tyd tot einde Julie om die oorspronklilke Proxi aan ons te pos of by ons in te handig. 
Vir meer besonderhede kontak asb. ons dienskantore.
 KALENDERS EN SAKBOEKIES VIR 2013 (Herhaling)
Kalenders en sakboekies is beskikbaar in die kantore.  
 VERIFERING OP 90/40 DAE
Verifering op 90/40 dae van diere wat gelewer word aan Meatco vir verslagting is uiters belangrik.  Heg asb die skriftelike bewys van bevestiging aan die slagadvies van die vrag wat gelewer word.  Hierdie reeling is slegs om teleurstelling en frustrasie te beperk indien iets sou foutgaan en die bees dalk nie sou kwalifiseer teen die tyd dat u bees geslag moet word nie.  Dit moet verkieslik asb ‘n onlangse veriferingsbewys wees.
Hierdie 90/40 dae veriferingslyste kan op die volgende maniere bekom word:
  • Direk vanaf die Online Databasis van Namlits geprint word, by dieselfde web-adres waar u die laaste tye ook die permitte kan online aanvra.  Hierdie funksie werk uitstekend, baie van my produsente gebruik dit en kom nooit meer in ‘n DVS kantoor, behalwe as hulle self ‘n permit moet inhandig.  Die webadres is:www.namlits.com
  • Dit kan by Namlits self aangevra word by Enquiries (Enquiries@nammic.com.na)
  • Indien u hulp nodig het met die verifering is u meer as welkom om die nommers aan u Meatco dienskantoor deur te gee, sodat ons dit namens u met NamLITS kan verifeer. 

For more information contact:

Louise Vermeulen
Chief Clerk: Livestock Procurement
Meat Corporation of Namibia,  MEATCO32 Bahnhof Street, Otjiwarongo, Namibia
P.O. Box 765, Otjiwarongo, Namibia
Fax2e-mail :  0886518605

No comments:

Post a Comment